Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Dood waar is jou angel (450 woorde) – Brons

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2020 4

My ervaring om ‘n begrafnis in “lockdown”tyd by te woon, het my tot die besef laat kom dat Covid-19 ons nie net fisies en emosioneel kom inperk en afsonder het nie, maar emosioneel groot skade berokken het.
Alhoewel ek hartseer is oor die verlies van ‘n familielid, was ek…

Sandkasteel (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2020 3

met korrelgedagtes
(deur genade beklad)
bou ek van gisterdrome
‘n sigbare skat

met sandsteenwoorde
(gestut deur lewenservaring)
laat ek dit gestalte kry
in verskillende
genres en strukture

beeldende klank resoneer
(skommel deur gemoed)
met wiegende maat
in eb en vloed

onvoorspelbaar die lewe
(voortvloeiend tussen see en land)
tog bou ons daagliks…

WAT IS DIT?

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2020 3

WAT IS DIT?
(Brons)

‘n Ma smeer altyd bietjie spoegies aan haar kind se wonde. Boonop gee sy haar liggaam en haar tyd vier-en-twintig-sewe vir hulle op. Sy leen ‘n oor aan haar man se geselsies, of soms selfs die gekerm of kla. Haar vrinne dié sien haar ook soms….

Swart Koffie

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2020 4

die koffie stoom
geur die kamer vol
soek neuse om
in te filtreer.

koppie warm
vul die mond
met arabica geur
om elke proe klier.

alles is goed
besigheid loop
die kelner se
skoene deur.

sy oë kyk koffie
stoom en swart
dan weg
en huil.

Liefde is … ingewikkeld

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2020 1

Vir elkeen wat die aarde bewandel sal liefde sekerlik ’n ander waarde of betekenis hê. Vir sommige word dit as wortel voor ’n ander se neus gehou in die hoop om iets uit die situasie te ontvang. Soms is dit ’n geleentheid om onvoorwaardelik te dien. Vir ander is…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale