Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geskiedenis

WEESKIND VAN EUROPA

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 9

Ek sit vanoggend so ingedagte en kyk na buite waar dit REëN in die Vrystaat! Ek ken mos nie die Vrystaatse weer nie. Ek is ingevoer van die Oos-Kaap af waar dit reën as daar wolke is. Nie soos hier in die Vrystaat waar jy net opgewonde raak en…

In ‘n hartseer land

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 8

In ‘n land van melk en heuning
doof klank van Magtige dreuning
daar om pot van putupap en wors
vrek ‘n nasie van honger en dors

In ‘n land van snuifgom en tik
ontbreek dissipline – ouers verstik
langs die lieflik sprankel fonteine
borrel suurwater – afval deur myne

In ‘n land van osstert potjiekos
word wesies honger…

Ek onthou hoe vieslik jy gelyk het, ook hoe vieslik jy was.

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 8

Soms
uit die bloute,
dan
kom maak jou reuk
weer by my ’n draai.

Soms
sien ek die prentjie
van jou verslonsde lyf
wat voor my staan.

Ek onthou
hoe jou klere geskeur was
jou bebloede oë
die mengsels drank in jou asem

jou stem
het gestink
jou vel
het geblink

jou woorde
was hard
jou mond
het geglimlag
soos jy die woorde vorm

vandag gaan jy vrek

en ek
die gek
het jou…

Ere aan Amakeia

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 22

Op die grens van Kafferland
het jy menig’ Amakeia deuntjies
in die skitter van die awendster
aan die witkind sag geneurie
al was sy mamma bitter ver

Want daar’s aan haar belowe
sonder huiwer, sonder kla
toe sy sterwend aan jou vra
dat jy die kleine piekanini
tot die dood op jou rug sal dra

Braaf het jy ligvoet…

Israel

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 7

Israel
hier in die land van die bybel
word vertel die storie
van volke wat mekaar haat
wat vir eeue lank al baklei
van die beloofde land
wat ons van leer.

missiele se plofkop
ontbrand soos vlammehel
as dit afgeskiet word
oor beloofde land

die…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 101 gaste aanlyn

Bydrae Totale