Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geskiedenis

erf(en)is

Deur Datum gepubliseer: 24 September 2019 1

oor my duin waai woeste wind
laag skeer dit oor die golwe
wit sproei waai uit elke golf
meters ver word sproei
weer sout water

ver oor die baai lê blou rante
berge om reg te wees – piketberg
sederberge en baie ver bietjie sneeu
die verte waai blou en…

klippe sal skreeu

Deur Datum gepubliseer: 20 September 2019 Hou van

wanneer sterre vallend skreeu
die aarde bewend in sy fondamente
kraak en steunend protesteer
skreeu die klippe hardop Sy naam

my duin is slegs ‘n plek van genade
waar gedagtes woorde wek en woorde
weerklink uit oud modiese mond
skreeu die klippe hardop Sy naam

oor die fynbos hang daar stilte

Mani(ok)

Deur Datum gepubliseer: 19 September 2019 Hou van

tussen fynbos en blou lug
lê see uitgestrek in sy vrug
oordrewe golwe vier volmaan
dolfyne baljaar skaars en gaan
soos seisoene verwelk in nuwe
en op ‘n warm duin sit die uwe

oorkant die weste-waters baljaar
vrolike mense met vure elke jaar
verwoes hulle die boomryke woud
om maniok…

Nagmerrie onder die Olmbome

Deur Datum gepubliseer: 16 September 2019 1

Om in die bos te woon, was lankal ‘n taboe. Tog het Danni geen keuse gehad nie. Net haar tatoeëring het haar beskerm teen die monsters. Net haar ring het haar aan haar susters verbind. Op ‘n sekere punt het die bome genoeg verander dat selfs sy wat deel…

Ek is

Deur Datum gepubliseer: 16 September 2019 1

Hy was daar voor die begin
Hy is steeds daar en in beheer
Hy sal altyd daar wees tot in oneindigheid

my duin is so ‘n niksseggende begrip
dit maak geen duik in tyd en ewigheid nie
vandag of môre of ses jaar gelede beteken niks
alles is dan seker…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 35 gaste aanlyn

Bydrae Totale