Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Genade

LIEFDE

Deur Datum gepubliseer: 24 September 2020 5

LIEFDE

waar liefde ontbreek
het ek gebreek
het mond gesê maar hart óntsê
het hande gehou maar hart ónthou
het lyf onthou met ‘n hart ontrou

het U dan nie die brood gebreek?
smeek ek dat U dié hart óntbreek
dat U my sê, óntsê
my rou, óntrou
dat Heer U…

Eerste Rëen

Deur Datum gepubliseer: 22 September 2020 4

die veld lê skrampies
onder ń dun gaatjie kombers
swart stekel knopies
oop bruin vuil vlekke
stukkies wol oor droë grond.

die helder blou vergrys
honde blaf in die wind
jaloers reën val
dankbaar vir die ruik hoop
op buurman se plaas.

wolke wind dans
swaai wit rokke
in disco ligte…

Stil gedagtes

Deur Datum gepubliseer: 20 September 2020 2

my gedagtes is aan die draai
stilwees is in die kaai
waar seemeeue draai
terwyl vele maai

oordink ek baie werke
sonder vele in kerke
versteekte gedagtes tussen berge
word krag verbreek in sterkte

stil het baie geword
geen spraak is uitgesort
elkeen nie gesond
so baie is gewond

staan ek stil…

Abrahamsoffer

Deur Datum gepubliseer: 9 September 2020 3

op die sandvlakte van die Kalahari
pryk ʼn houtaltaar – die baldakyn van gras
onwetend in afwagting vir ‘n opdrag
van die oppergesag

om op ʼn bepaalde tyd en sabbat
sy Abrahamsoffer te laat ontvlam
onskuld met ootmoed te verswelg
tot roet en as

geen plaasvervangerlam of offerbrood
vir dié spesiaal…

Geparsde hart

Deur Datum gepubliseer: 31 Augustus 2020 4

soos die swart olyf moes my hart
deur die genesingsproses gaan;
skarlakenrooi seer het oor
my lewensparsvloer getraan
tog weet ek dat die bitter
saam met die sout
skoon moes bloei
dat suiwer goud genade
uit die helingsproses vloei

©️ Amanda

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale