Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Genade

Seën ons hande Heer

Deur Datum gepubliseer: 6 Januarie 2017 14

Seën ons hande Heer

Daagliks word ‘n see
van hande na U uitgestrek – – –
Dis growwe vereelte werkershande,
fyn en sag gemanikuurde hande,
gewone alledaagse werkshande
en ook kinderhandjies in gebed gevou – – –
U onderskei elke hand se behoefte en
luister na die pleit om…

In die hart van Korinte

Deur Datum gepubliseer: 4 Januarie 2017 7

ons liefde is vasgenaelstring
by die dieper lees van Korinte
daar waar genade immer
dorstong na nog meer wil lek

jou omgee maak blink
natspoorpaadjies
soos ‘n slak se spoor
en dit is in die hak
van die Wag-‘n-bietjie-bos
waar ons liefde dan vasklou

daar onder die Mopanie
op die eentonige…

Baksjisj

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2016 15

Baksjisj

Met die nuwejaar ophande
hoop ek almal sal werk hê en
genoeg brood op die tafel om
in gesonheid en liefde te geniet.
Daarvoor staan elkeen dankbaar
voor ons hemelse Vader as Sy kind
en ontvang Sy genade daagliks
verniet uit sy vaderhande want
Sy Seun se lewensbloed was die
hemelse kwitansie daarom hoef
ek nie daarvoor te bedel…

Meisiekinders van my Hart

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2016 13

Blou oog, bruin oog glimlag vier ogies vir my,
in die fleur van jul lewe, staar jul deur my
laptop na my, en verrassend lief ek julle keer op keer.

‘n Moederhart sing van plesier,
want gebede het waar geword.
Eens in verhoudings verstrengel,
raak gebede die toppunt van my lewe.

Blou oog pragtig, verras my…

Kerskous

Deur Datum gepubliseer: 24 Desember 2016 12

Ag, as ek kon
my eie kousie pak
sou ek so selektief kies.

‘n Potjie geluk
en bietjie empatie
selfs ‘n porsie begrip.

Definitief opregtheid
en mededeelsaamheid
om verligting te bring,

want feestyd eensaamheid
is ‘n verlangestryd
teen verspeelde tyd.

Daar sal genoeg glimlaggies
in my kousie rus
om gemoedere te sus.

Ag, as…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 61 gaste aanlyn

Bydrae Totale