Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Kan Jy Nog Onthou?

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2020 2

Kan Jy Nog Onthou?

Vers 1:
Ek onthou die sorglose dae
Van kind-wees, van vry-wees
Die goeie ou dae se dinge
Vasgeweef aan my hart se lappieskombers

Vers 2:
Daardie dae was dinge so anders
Het ons nog buite gewawieldraai
En gehalte tyd as een gesin
Om een tafel spandeer

Voor-Koor:
Kan…

Valentyn

Deur Datum gepubliseer: 31 Mei 2020 2

Valentyn

Vers 1:
Dis net bokse van tjoklits
En bloedrooi rose waar jy kyk
Dis iets so lekker
Iets wat so mooi soos die liefde lyk

Vers 2:
En ek kry nou dié gedagte
Soos daai dag weer nader kruip
Een uit 365 dae is nie genoeg vir my
En ek…

Woestyngebed

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2020 1

Ek is ‘n wilde Kalahari kind
vaal verlate vlaktes verf my spore
dansend saam met sonbessies in die wind
gannas en brakbosse lag in my ore

en duskant vandag se skraal ure
soek ek jou nogsteeds soms in my drome
met dor hande; selfs in koue vure
tussen klip-koppies en…

Vat My Terug Na Die Platteland

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2020 1

Vat My Terug Na Die Platteland

Vers 1:
Ek onthou nog daardie dag
Toe my hart nie meer kon wag
Vir die stad se liggies
Om my drome waar te maak

Vers 2:
Maar iewers hierso op my pad
Het die goue liggies van die stad verdof
En hul glans verloor

Onvergeetlik

Deur Datum gepubliseer: 30 Mei 2020 1

Onvergeetlik

Vers 1:
Al vergeet ek my woorde
En het ek nie meer volle beheer
Oor my doen en late
Sal ek steeds hierdie weet

Vers 2:
Ek sal weet wat liefde is
Sal weet waar my hart veilig rus
Ek sal weet
Aan wie se sy ek behoort

Koor:
En al…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 62 gaste aanlyn

Bydrae Totale