Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Jou naam is Lente

Deur Datum gepubliseer: 5 November 2019 2

Jou naam is Lente

daar is lente in jou geur
en in die roer van elke omdraai van jou lyf
daar is lente in jou son
en in die some van die lyne in jou vel

daar is lente in jou lag
en in die wieke van geheime in jou siel

die houtbankie

Deur Datum gepubliseer: 5 November 2019 3

naby die houtbankie in die park,
dáár het jy vir my ‘n toorbos geplant
en jou glimlag het die bome laat bot
terwyl die wind uitbundig blare tart

in die duiwe se kir is jou naam gespel
en tussen die boomblare
het die son soos blokkiesglas
geflenter en stom na…

Laat-lente se stof

Deur Datum gepubliseer: 5 November 2019 2

my delila lippe lag fyn
my voorkop is nat van bid, God en sweet
en ek kyk weer in Sy oë; op
na ‘n gewone wêreld wat niks weet

nou jaag jou asem deur my are
soos vroeg vanoggend
toe die poue vêraf êê-êê
met hul bont vere en deftige…

Rugbytrots

Deur Datum gepubliseer: 3 November 2019 2

Ons bly op ‘n besige hoek in Brakpan. ‘n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is…

Lola en die Denneboom Prins

Deur Datum gepubliseer: 30 Oktober 2019 1

“Almal se penne neer, die tyd is verstreke!” Laat weet meneer Le Roux. Ons almal sit ons penne neer en vinnig word die eksamen antwoorde opgeneem.
Wat ‘n verligting, nou kan ek gaan rus. Was so benoud oor hierdie vraestel, maar gelukkig was dit glad nie so moeilik nie.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 137 gaste aanlyn

Bydrae Totale