Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Bosveldliefde

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2016 21

daar lê ‘n stilte
in my hart se verlang
na waar graskoppe
wuiwend dans
op die ritme van ‘n somerswind
ver weg van stadsgeluide en klingende geld

hier waar die dors
van my siel ge-les word
in savanna veld onder…

Totale oorgawe

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 19

waar jou asem vlermuis hang soos
‘n snoesig-sag-warm-velkaros
verby die krombuig van my skouer
tas jou vingers soekend in Braille
oor die ronding van my rug
kom gee jy doekvoettreë
oor ounag-spore van maanligtyd
in die helder van ‘n sonskyndag

as…

As ek (1) …

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 13

as ek ‘n lovesong vir jou skryf
en dit vir jou sing
sal jy ‘n strik om jou hart bind
en dit vir my bring

‘n Ewigheid en nog ‘n bietjie

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 19

my oog druppel
‘n liefhê traan
in die wye oseaan
‘wyl jou asem
minnebriewe
stuur na die sekelmaan
waar dit eggo
op ‘n spierwitduif
se tortelbaan

hoe lank my lief
sal die naglug vra
en die bruis…

My leef se rede

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 14

in die eggo’s van die jasmyn se reuk
skil jou koesterwoorde, sag in eerbied
(soos reukwerk wat deur my vingers val
tot by die poorte van my hart se grendeldeur)
sò bind jy my vas in jou heil’ge
Jabesgebied

dan kom sypel dankiesê (ge)bede

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 114 gaste aanlyn

Bydraes – Argief