Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Dwaas op dwaas

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 16

Dom dwase is volop
dis in hul spel en praat
maar die dwaas
van my gedig is
van ’n ander aard.

Engels is soms beter
dit weet ons goed
want die fool van liefde
se pil is bitter soet.

Dis…

Strandlopertjie

Deur Datum gepubliseer: 1 Maart 2016 16

tussen gebreekte tinsel
wat oor seestrand spoel
en ‘n gekraakte bloedrooi bal
wat aan die horison hang
het ‘k as verlore
afvlerkstrandlopertjie
oor korrelklip en fyn gebreekte skulp
gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap
hier het ek my sielsvrede…

Bosveldliefde

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2016 20

daar lê ‘n stilte
in my hart se verlang
na waar graskoppe
wuiwend dans
op die ritme van ‘n somerswind
ver weg van stadsgeluide en klingende geld

hier waar die dors
van my siel ge-les word
in savanna veld onder…

Totale oorgawe

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 18

waar jou asem vlermuis hang soos
‘n snoesig-sag-warm-velkaros
verby die krombuig van my skouer
tas jou vingers soekend in Braille
oor die ronding van my rug
kom gee jy doekvoettreë
oor ounag-spore van maanligtyd
in die helder van ‘n sonskyndag

as…

As ek (1) …

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 14

as ek ‘n lovesong vir jou skryf
en dit vir jou sing
sal jy ‘n strik om jou hart bind
en dit vir my bring

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 86 gaste aanlyn

Bydraes – Argief