Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Vir ‘n prinses

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 11

punt jou tone teen die blou
kyk hoe luv die winde
jou voete wat soms kaal is
en soms hoëhakskoene dra

en as ‘n prins jou ooit kom vra
om sy goue ring te dra
soek diamante in sy oë
vra hom of hy glo
in die liefde

Waar meteoriete verskiet

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 13

as jou oë deur die ruimtes
van my heelal spoed
om die stand van
my hart te bepaal
waar dit vas geanker hang
aan die goudgeel maan
dis dan wat meteoriete
deur my are gloed
om iewers in die dieptes

Johanna

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 10

Johanna skrik wakker van ‘n nagmerrie, sy is papnat gesweet en haar hare is net so nat. “Wat’s vout?” vra Johanna se man Hendrik wat langs haar lê, hy het ook intussen wakker geword. “Ek het gedroom my pa word vermoor liefie, hulle het hom gemartel, dit was aaklig”…

Amber Liefde

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 30

Roes rooi vertoon ons‎
as ons val
van bome van die hart
As ons wankel in
ons ruimtes
onmeetlik so vol
van smart.
As die son goud drup
oor die vlakte
en die gras waai
soos golwe prag
Tot wanneer herfs
knip oog
vir die winter
Sal ek op jou wag.
‎”Amber rus ons liefde,
in afwagtiging
dat dit wéér ontspring”
Vir ewig aan
ons hartklop
n rusplek
en versugting…

Kuierplek in my hart …

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 12

bring jou matras en bring jou kombers
bring jou gunsteling kussing met die sloop van pers
bring jou eie koffiebeker en hout van die ou kremetart
en kom maak vir jou ‘n kaggelvuur-kuierplek
hier diep in my hart

© borrels

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 145 gaste aanlyn

Bydraes – Argief