Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

My leef se rede

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 9

in die eggo’s van die jasmyn se reuk
skil jou koesterwoorde, sag in eerbied
(soos reukwerk wat deur my vingers val
tot by die poorte van my hart se grendeldeur)
sò bind jy my vas in jou heil’ge
Jabesgebied

dan kom sypel dankiesê (ge)bede

Die pers in my blou se verlang

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 10

Die nostalgie van die noodlot
skilder beelde
oor gister
en
wasem hier voor my
teen die ruit op

die stad se liggies
flikker dof
pers-blou
soos my gemoed

hoekom moes jy
so skielik groet

ek
mis die reuk van kampvure
en kitaar snare
en…

Ek het vandag …

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 11

Ek het vandag vir jou ….
‘n ry spore in die seesand gestap
Elke spoor het gesë
… jy woon hier in my hart

Want jou liefde sê

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 13

ek wil my siel
in konfetie snipper
sodat my wees
soos ‘n Lotusblom
statig voor jou
oë ontvou

(om jou elke hartswens
so te vervul)

dan in die koel skadu’s
van jou hart
wil ‘k immergroen

Droomvanger

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 14

ek wil vir jou, my lief
‘n droomvanger vleg
met engelvlerke versier
soos direk van God gestuur

kosbare diepsee oesterpêrels
doekvoet en sag vasgeryg
deur stringe ewige liefde
vas en seker geborduur

in ‘n agt-puntknoop vasgebind
dalk ook tussen in ‘n spieël of twee
sodat ons die sonstrale vas kan vang
dit iewers aan die sekelmaan gaan hang

in elke…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale