Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Voel sonder vat

Deur Datum gepubliseer: 20 Mei 2016 7

Eenheid word saamgevat
in voel sonder vat,
om in gees een te wees
sonder om te tas, aan vlees.

Daardie eenwees sentreer
in saamwees,
sonder woorde
wat ge-uiter word.

Verstaan vloei ineen
waar stilte
uitvloei
in begrip.

Hier is die landing sag
in die hawe…

Hey meneer Duiwel

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 7

hey meneer duiwel

ek hoor jy hou van uitdagings…
wel hier is een vir jou-
kom
breek my fokken hart
ek dare jou
kom soos ‘n brullende leeu in die nag
kom verskeur my
kom fok my op soos wat net jy kan

ek dare jou

kom ruk elke stukke seer uit my liggaam uit
ek weet ek steek dit…

In my wêreld

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 10

Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie
Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie

Ek het weg geraak in my eie wêreld
Here, niemand het eers na my kom soek nie!
Dit was so stil, Here
Ek was so alleen

Het iemand ooit geweet…

My brief

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 7

Here,
Laat dit wat borrel
Hier binne my
In die mooiste
Mooi woorde verander.
Laat my hart
Oop bars
Op wit papier.
Laat my emosies
Die skryfstuk
versier.
Bring terug:
Rymwoorde,
Groot woorde,
Vloekwoorde
En woorde
Van omgee.
Laat my trane
In ritme verander
Soos dit drup-drup
Oor die ink.
Laat dan Jou liefde
Die koevertjie wees
Wat my brief
Snoesig toevou.

‘n Skietgebed

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 7

Ek bid dat Jesus
‘n draai by jou kom maak
en saggies met sy liefde
aan jou hart kom raak

Dat hy sommer op die stoel
langs jou bed kom sit
en jou drome waar maak
soos jy hulle bid

En as hy met sagte oë
in joune in kyk
hoop ek jy voel
hoe ware liefde lyk

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale