Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

‘n helderpienk gedig

Deur Datum gepubliseer: 19 April 2016 8

daardie dag waarop jy dood is
was Matsikamma aan die blom
oor die rantjies en die rûens
tot onder in die laagtes
waar kuile in valleie kom

die pienkste kandelare
het gebloei deur sand en klip
en dat iets so mooi verby moes gaan
was veels te hoog vir my begrip

maar daardie herfsdag – toe jy dood…

In die middel van my tuin staan daar vir altyd ’n ryding. Episode twee.

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2016 9

Dit was nie die eerste of enigste keer wat ek ’n Tienrand boete gekry het nie. ’n Jaar of twee vantevore het ek op twee geleenthede die wet oortree en met ’n stywe tien rand daarvan afgekom. Die eerste was musiek se skuld.
Die Walkman het pas op die rakke…

Sweef op ‘n droom

Deur Datum gepubliseer: 18 April 2016 7

Voel jy die saadjie verkluim
diep in die sneeu begrawe
sal jy tog ‘n sonstraal bring
om sy wortels te kom lawe

Hoor jy die straaltjie doer
in die magtige oseaan
stuur jou sterke seestroom
om sy weg oop te baan

Sien jy dalkies ‘n…

Huldeblyk Ingrid Jonker op Skatkus Stereo

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2016 10

Hallo almal, Saterdag aand 6 uur die 16de April doen ek ‘n baie spesiale huldeblyk,
aan die einste bekende Ingrid Jonker, ons gaan haar ook beter leer ken in die huldeblyk,
ook gedigte wat sy geskryf en self opgeneem het gaan gespeel word…

OM TE LUISTER:
http://listen64.radionomy.com/skatkisstereo
www.skatkisstereo.co.za

God se Volgeling

Deur Datum gepubliseer: 14 April 2016 2

Alleen het ek gesit,
op koue vloer honger en so eensaam.
foute het ek gemaak,
en my sondes voor U belei.
En vandag het ek werklik ‘n beter lewe,
dankie Heer dat U my vergewe.

Nou volg ek U elke dag van my lewe,
en ek het geleer…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale