Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geluk

Seile voor die wind (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 9 Mei 2021 1

So baie keer
vra ons die Heer
vir genoeg wind
sodat ons ‘n bestemming kan vind.

So baie keer wag ons lank
met oë moeg gestaar na die kim se rand
en dink wat ons kan vermag
wanneer God die wind stuur, eendag.

‘n Dobberende skippie wat taan
wiegend op die lewe se groot oseaan
ongeduldig wag dat die…

Koste van ‘n wapenstilstand

Deur Datum gepubliseer: 28 April 2021 1

ek het ‘n wapenstilstand
in die uithoeke van jou oë beleef;
toe ek verby die skermutseling kyk
wat verward stoei in jou kop
kon ek waarneem dat jy lanse breek
en van nuwe psalms preek
jy predik dat berge nie kan verrys
as die aardbewings in stilte suis nie
dat koringkorrels eers moet sterf
voor jy…

KOSMOSVREUGDE (SILWER – 398 WOORDE)

Deur Datum gepubliseer: 13 April 2021 1

Die mensdom is nie gemaak om alleen deur die lewe te gaan nie, ons het mekaar nodig, dalk meer as wat ons ooit sal besef. Soms gebeur goed tussen vriende, waarvan baie dalk net ‘n misverstand is, wat veroosaak dat ons uit teleurstelling en/of woede ons rug op kosbare…

Geite en Feite (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 22 Maart 2021 4

Snaaks hoe iemand iets kan kwytraak, ander dit kan opraap, en ‘n geit oornag kan laat verander in ‘n feit!
Kyk nou maar net weer al die berigte en sensasionele stories en boodskappe wat oor ons spoel vandat die “corona” ontwaak het. Voor dit was dit die “sars” en voor…

Die waarde van vrouwees (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 22 Maart 2021 3

So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie.
Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 152 gaste aanlyn

Bydraes – Argief