Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

Sandkasteel (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2020 3

met korrelgedagtes
(deur genade beklad)
bou ek van gisterdrome
‘n sigbare skat

met sandsteenwoorde
(gestut deur lewenservaring)
laat ek dit gestalte kry
in verskillende
genres en strukture

beeldende klank resoneer
(skommel deur gemoed)
met wiegende maat
in eb en vloed

onvoorspelbaar die lewe
(voortvloeiend tussen see en land)
tog bou ons daagliks…

Een

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2020 6

wanneer ek so wegsak
onder die wal van my duin
van die suid-ooster wegbuk
en hy waai stormsterk oor my
dan raak ek rustig in sy geweld
so woed die goed en die kwaad
ook oor my lewe heen en weer
elke oomblik mag onbewaak
en gevaarlik vir my…

Nietig

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2020 3

Ek ruik die reën.
Ek hoor die donder dreun.
Ek sien die weerlig flits en flikker.
Ek voel die aarde bewe.
Ek voel nietig.

verstek

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2020 5

my duin het sy eie norme
by verstek kom dit van ver af
ver in die verlede op moeder se skoot
en vader se harde hand en soms roede
daar is fondamente gelê wat vas staan
min van ons wyk heeltemal daarvan af
tog het daar ernstige dinge verander

wil

Deur Datum gepubliseer: 27 September 2020 3

elke nuwe dag bekroon my blydskap
elke asemstoot bevestig my Verlosser
subtiele bewegings of kadens is Hy by
geen strand of wilde rivier of Hy is daar
my duin weerklink van Sy genade lied
alles wat is en wat was en nog kom
my kort lewens jare daarin gespin

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale