Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Geloof/Godsdienstig

perikodo

Deur Datum gepubliseer: 10 Oktober 2020 1

onseker winde waai oor my duin
soms storm sterk rukwinde
later net konstante
suid-ooste wind
die see pas aan
golwe kom en slaan neer
vorm teue van wit skuim some
wat die sand voed en verdwyn
bakermat vrae word gevra
dowe ore negeer die antwoorde
in kopskuddende ontkenning daarvan

tema

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2020 Hou van

digters en skrywers
skryf altyd oor iets
geen skrywer
se skrywes
neutraal

soms is die tema liefde
ander kere oor geloof en hoop
die boodskap vertolk skrywer self
hy dink en redeneer oor sy standpunt
soms staan hy buite sy skrywe, soms binne

grootste boek van almal
se sentrale tema is…

beginsels

Deur Datum gepubliseer: 9 Oktober 2020 1

my duin is oorspoel van wind en see
oral druis die water in wind-geweld
elke swiepende golf wil daaroor spoel
my voete kan nie vas staan in die sand
die bewegende water neem die sand uit
waarop ek probeer staan en ek gryp wild
elke dag word dit erger…

Mahalat

Deur Datum gepubliseer: 7 Oktober 2020 2

soos die Hebreeuse wysie
draal die Senekal gebeure
van dag oor my duin en see
elke beweging in die natuur
lei altyd tot ‘n teen-beweging
stadige volksmoord vind plaas
iewers moet die moordenaars
se borrel begin bars en knars
om hul heen sal die kartetse
in wrede skerwe diep…

werklik

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2020 3

soms lê my duin
in digte mis verberg
so is die lewe ook nie
altyd helder verlig
in waarhede nie

soms neem dit tyd
vir die wind om die mis
stadig weg te waai
en my gedagtes
skoon te maak

meer dikwels
is die son ongenadig
skerp en so baie warm

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 65 gaste aanlyn

Bydrae Totale