Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

skemer oë

Deur Datum gepubliseer: 6 Oktober 2019 1

ver oor die see
hang daar ‘n skildery
geskilder in die mooiste
herfskleure wat die oog vang
my siel sweef oor die duine
wat donker rooi verkleur
binne sig maar gedemp
verskyn haar gesig
ernstig maar oop
haar oë wakker
en haar mond
glimlag sag
so verdwyn
die dag

Oom Kiewiet en Ta’ Makkie se lanterfantery.

Deur Datum gepubliseer: 6 Oktober 2019 1

Oom Kiewiet was ‘n kraakvars teologie student toe hy Ta’ Makkie ontmoet het. (Toe was hulle natuurlik nog nie “Oom en Ta’” nie.) Hy was so vars dat hy nog ‘n Bybelversie opgesê het as hy sy toon stamp, in stede van vloek soos die res van ons. Sy…

dol

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2019 1

dol gelukkig
dit was ‘n dol dag
in dolle vaart swoeg ons
doller as kop-af kan dit nie gaan
vir die penniefluitspeler is die dol mooi
so dol soos ‘n bakoor jakkals
waar dol nie lewe nie
is lewe maar dol
jy kan met ‘n
bol dol vuur
maak

ironie of parodie

Deur Datum gepubliseer: 3 Oktober 2019 Hou van

landbouer het koring gesaai
dief in nag het onkruid gesaai
saam groei dit tot oes gereedheid
dan word kaf van koring geskei

mens is geskep na beeld
dit was so goed gekeur en mooi
was daar ook ander geskape
wat die kaf sal wees

mens wat goed was regeer
ontwikkel en…

medemens

Deur Datum gepubliseer: 3 Oktober 2019 Hou van

op my duin lê ‘n vraag
dit lê uitgestrek soos die see
ver oor die buigende horison
gaan draai dit in anderland
wie is my medemens dan
die ene wat my gister
met duisende verkul
of die ene wat
ek net sien
en nooit
mee
gesels
of besoek
is…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 166 gaste aanlyn

Bydrae Totale