Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

Die ou man se winter

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2020 1

Ek het gevoel soos ‘n haas in ‘n aankomende stel kopligte. Verlammende skok. Jeanie was weg. Ek het uit die ou leunstoel gebeur; geswets omdat my ou beendere so gesukkel het om saam te werk. Toe ek orent is, kies ek dadelik koers kombuis toe. Jeanie se plek. Daar…

Naamgedig (Akrostigon) (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2020 2

Vryheid is aan ons almal beloof
Rakende keuses wat ons kan uitoefen
Ysingwekkend die gedagte dat ons
Heeltemal ons eie oordeel moet gebruik
Eiewys die besluite wat ons soms neem
Insiggewend die skokgedagte
Dat vryheid jou ontneem kan word

©Marlene Erasmus
30/06/2020

later

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2020 Hou van

later is soos kookwater
hoe langer dit kook
hoe minder bly daar oor

die lewe bly ‘n lied
maar as jy dit nie sing
verdwyn dit in verskiet

oor my duin vervlieg tyd
hartsbegeertes stroom verby
daardie onvoltooide kryt

die doek waarop jy skilder
met jou verf of bloed
laat helderheid of…

inhou

Deur Datum gepubliseer: 29 Junie 2020 1

inhou en aanhou inhou
dit is die mode van vandag
om my val daar dosyne makkers
vasgevang in ‘n wapenrusting
van inhiberende vals vrede
staan ek moedeloos eng

inhou en aanhou inhou
golwe dreig om tsunami te word
soos sooibrand dreig dit om te borrel
uit te bars in uitkringende…

UHURU – (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2020 2

RUBRIEK Junie 2020- Vryheid projek (BRONS)

Uhuru.

“Vryheid van die Namibiese kind”.

Met die pas afgelope inperkingstyd vars in ons geheue, het die woord “vryheid” opnuut betekenis gekry.
Volgens die woordeboek is vryheid ʼn toestand waarin ʼn mens nie in gevangenisskap verkeer, of teen sy sin aangehou word nie. Dit…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 65 gaste aanlyn

Bydrae Totale