Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Filosofie

rimpels

Deur Datum gepubliseer: 20 Oktober 2019 2

vroeg vanoggend
lê die see soos ‘n dam
miniatuur golfies speel
saggies uit op verlate strand
waar ek sit op my duin
sien ek duidelik
toe die water
begin tril
rimpels maak
in elke golf
iewers ver onder
is daar iets wat
moet dril
so dril
en tril my…

bepeinsing

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2019 1

mooi stil dag
met son wat waterpas skyn
verlig die golwe in skitterende spel
teen diep blou hemeltrans sweef meeue
enkele geluide kom oor die duine aan
motors wat ver weg loop en versnel
fisante wat hier en daar skrik
‘n kraai wat kos soek
net in my gemoed

daar

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2019 2

onder die maan in die weste
en die sonsopkoms in die ooste
lê my duin stil en so rustig
tog is daar ‘n onrus
wat dreig om
kop te wys
selfs die
meeue voel dit aan
onrustig fladder hul vlug
ver oor die see se rug hang daar mis

Staatsbuideldiere

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2019 2

As die Kangaroe in haar kapoes woorde drae
en volstruisagtig aanprikkel
soos staatsbeamptes eierkop
sit almal soos stoepkakers
met kameralense en fotosinteer

vuiste gebol en moue opgerol
almal uit vir ‘n koppie-teë,
daai girls met bubblebutt-houdings
en fors manne met egotistiese:
“check my uit, check you uit”

word almal in…

Meester

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2019 3

eendag was daar ‘n duin
reg langs die groot blou see
om hom het die klippe uitgeroep
ons meester kom op die wolke

eendag was daar ‘n duin
reg langs die groot blou see
en op hom sit ‘n man en ween
sy meester kom op die wolke

eendag was…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 112 gaste aanlyn

Bydrae Totale