Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Feëtjies & Kabouters

kleurspatsel bloeisels

Deur Datum gepubliseer: 22 Oktober 2019 1

Ek sien die spookasem geur van perske puntjies
hulle koppies opdraai in volle blom.
Voel die warm sang van nuwe vrug
wat die somerson verwelkom.

Fynvlerk bloeiknop balarinas baljaar in die wind
Ek hoor die witvlek vlerkies van ‘n blommekind
Ek ruik die roesbruin kleur van die ou kromhout
Proe…

Towerland Lentedans (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2019 1

Suutjies murmer feetjies
liefdesliedjies langs die stroom,
die kleine handjies fladder
vlugtig deur my droom.

Ek ruik die kleur van perske bloeisels
wanneer hulle staffies saggies swaai,
die spookasem geur klingel
as hul rokkies vrolik draai.

Lente strooi sy mengelmoes
van draairoomys kleure
en donswatte bolletjies
in speserygeweekte geure.

Bos van Nagmerries

Deur Datum gepubliseer: 16 September 2019 3

Dit is soos ‘n herinnering aan ‘n droom. Maar die hout splinters wat in my arm brand, belowe dat dit regtig is.

Pyle flits verby en in die bome rondom my ingebed – byna mis wat bedoel was om dood te maak. Nog ‘n projektiel kom naby verby, net my…

Nagmerrie onder die Olmbome

Deur Datum gepubliseer: 16 September 2019 1

Om in die bos te woon, was lankal ‘n taboe. Tog het Danni geen keuse gehad nie. Net haar tatoeëring het haar beskerm teen die monsters. Net haar ring het haar aan haar susters verbind. Op ‘n sekere punt het die bome genoeg verander dat selfs sy wat deel…

Grys Skakerings

Deur Datum gepubliseer: 16 September 2019 1

‘Jy is nou een van hulle,’ fluister sy.

Rillings vee oor my terwyl ek kyk na die trio wat in ons rigting grinnik. Ek wou dit nie glo nie. Tog … toe ek my oë toemaak, kon ek steeds alles rondom my sien, hoewel dit in grys skakerings was.

‘Wat gaan…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale