Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Familie

Hoe neem mens afskeid?

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2019 1

Hoe neem ek afskeid
van ‘n leeftyd vriend?
Hoe groet ek jou
as ek weet dis ons laaste vashou?

As ek weet môre belowe
nie jou lag-
Te bang ek vra myself
Hoe dit klink

Stakato, huk-huk
Of roosblare sag
Miskien ‘n heksie se melodie gesteel?

Hoe keer ek dat die wal…

Boskind by Seekoeigat

Deur Datum gepubliseer: 3 Oktober 2019 2

Boskind by Seekoeigat

Boskind se droom, word eindelik, eens waar
tuis, in die bos is sy, shoe! dis kant en klaar
die skoonheid, van die natuur, is vir haar daar
groter bewondering, is daar eerlik nie vir haar

ai!! langs seekoeigat, sit sy nou en skater
die apies, spring op…

Verlore tyd

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2019 3

Verlore tyd

Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie?…

Satans vuur

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2019 Hou van

Satans vuur

Satan se gryse vuur
brand my siel.
Sal ek dit kan verduur?
Hoe kan ek my so verniel?

Die ondraaglike gekraak
van bene wat versplinter.
Hoe koester ek wraak
oor die mense se gefluister!

In skaamte sak my kop
alles wel verdiend.
Gal stoot op in my krop,
nooit sal…

Stilte

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2019 Hou van

Stilte

In stilte wagtend
In stilte soekend
In stilte treurend
In stilte verlangend

In stilte dansend
In stilte liefdevol
In stilte gelukkig
In stilte vrede

Daar in die stilte
Sal jy my vind
Daar in die stilte
sal ek jou vind

In stilte
Sal ons siele mekaar omhels
In stilte
Sal ons mekaar…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydrae Totale