Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Vir ‘n prinses

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 8

punt jou tone teen die blou
kyk hoe luv die winde
jou voete wat soms kaal is
en soms hoëhakskoene dra

en as ‘n prins jou ooit kom vra
om sy goue ring te dra
soek diamante in sy oë
vra hom of hy glo
in die liefde

Vlooitjie

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 12

O vlooitjie, o vlooitjie,
wat soek jy tog in my hare.
Jy loop daar rond en voel baie honger,
maar jy gaan daar verdwaal soos tussen ‘n groot skare.
Vlooitjie, gaan sit op iemand anders se kop,
ek is ook nou al moeg gekrap,
loop weg, of vlieg jy?

DIE FOTOGRAAF

Deur Datum gepubliseer: 31 Maart 2016 9

al wat hy vra is die Kgalagadi
gee hom net die stof en die sand
vaal gras wat pol teen ‘n rooi duin
en die grou van die lug bo ‘n rant

stuur tog ‘n maanhaar oor die vlaktes
met sielsoë en ‘n blik wat nie wyk
al…

Skemeraand oor Jonkershoek

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 4

o helder, helder water
o groenste, groenste blaar
kyk hoe lê die lelieblom
so skoon onskuldig daar

*

‘wyl skemer teen die wal kom rus
kwaak daar nog paddas in die dam
tussen lang gras en ‘n rietpol
word stille skadu’s vasgevang

o diepste, diepste klowe

In die koelte van ‘n krom Karee

Deur Datum gepubliseer: 28 Maart 2016 3

In die koelte van ’n krom Karee
sprei lappieskombers en vonkelwyn
Malmiere baljaar in smeltsjokolade
want die wind het wilde woorde
woes, warrelend weggewaai
na wye wildvreemd’ oorde

In ‘n vrotskuit op die spruit
met slegs een enkel spaan
sypel water deur die bodem
wyl Rooivink kwetterend skree…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 154 gaste aanlyn

Bydrae Totale