Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Die bitter en soet.

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 Hou van

Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was hierdie jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel….

Die Melker

Deur Datum gepubliseer: 23 Desember 2019 4

Nog voor die haan se eerste kraai
en daeraad skaam oor die Oosterkim loer
terwyl die res van ons nog sluimer-slaap
onbewus van die dag se woelinge wat roer

getrou is die melker op sy pos
besig om duisende liters wit goud te ontgin
met die ritmiese gedreun van die…

Die veldmuis se kuier (Hutain gedig)

Deur Datum gepubliseer: 23 Desember 2019 2

Ek sien uit die hoek van my oog
geskok hoe jy verby laat spat
aangehits deur honger beoog
jy my koskas se kos te vat
vanuit veilige hoogte spat
moordende gille om my rond
‘n kleine muisie het gevat
en laggend laat spaander … jou vabond!

©Taai Bonthuys

Winter se koue hand (Italiaanse Sonnet)

Deur Datum gepubliseer: 22 Desember 2019 3

Kopkantelend skater somer breed
haar lag dans vrolik onbevang
op maat van uitgelate voëlgesang
blommeprag, haar wonderskone kleed
een oggend vroeg kom mis met kraakvars kleed
hy hou haar hand in syne vasgevang
vertel haar van swyende bome se kale belang
vir winter se ontwaking, wagtend gereed

o’…

Bôgom-restaurant

Deur Datum gepubliseer: 17 Desember 2019 2

Wind loei droewig
om huis se hoek
vertel van hariges
wat perskerestaurant plunder
lang wolffluit-skaduwees speel wegkruipertjie
tussen boomstam en danssende sonstraal
bôgom, bôgom skree ou kees
in vrugteryk onheilspellend
wah-wah klink op deur takke
boord ritsel … kraak … klap
in wedywer om sappige vrug
saggies slof-slof ek…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 81 gaste aanlyn

Bydrae Totale