Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Diere

Bella is ‘n boklam

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2020 1

Bella is ‘n boklam
kan huppel en kan jive
maar Bella word geroskam
deur Stienie en oom Clive

Bella is lammertjie
so stuitig en so vry
want vir Bella kon jy nooit nie
in die kraal inkry

Bella is ‘n boklam
kan huppel en kan jive
maar Bella word geroskam
deur…

PADDAKOOR

Deur Datum gepubliseer: 14 Januarie 2020 1

PADDAKOOR

Ek sit op stoep
ek hoor hulle roep
ek hoor dit in my oor
die mooiste paddakoor

oor en oor sing die hemelkoor
my hartsnare is strelend getoor
dis die mooiste klanke wat ek hoor
brulpaddas het met my hart bekoor

In die donker maanlig
sit die paddas in die sterrelig
hoog vlieg al die klein vuurvliegies
oor die water…

lense

Deur Datum gepubliseer: 9 Januarie 2020 2

doekvoet is ‘n haas
boekevat is ‘n lewenstyl
handevat is ‘n uitreik
goeie vriend ‘n anomalie

vuil lense kan verwarring bring
gekleurde lense kan verbeelding verf
gekraakte lense is nooit akkuraat nie
verswakte lense is ‘n hartslag

©Teárlach

Die bitter en soet.

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 Hou van

Ons het ’n aasvoëljaar belewe, waar ander ons bene probeer skoon eet het. Maar … tog was hierdie jaar ook gevul met goue sonskyndae wat tussen ons beendere deurgeskyn het om vir ons die mooi van die lewe te wys. Soms wou ons op moedverlore se vlakte gaan speel….

Die Melker

Deur Datum gepubliseer: 23 Desember 2019 4

Nog voor die haan se eerste kraai
en daeraad skaam oor die Oosterkim loer
terwyl die res van ons nog sluimer-slaap
onbewus van die dag se woelinge wat roer

getrou is die melker op sy pos
besig om duisende liters wit goud te ontgin
met die ritmiese gedreun van die…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 95 gaste aanlyn

Bydrae Totale