As kinders het ons graag wens-speletjies gespeel: ek wens ek was …; ek wens ek kon …; ek wens ek het …, ek wens …, en op talle verbeeldingsvlugte gegaan. Ons wense is meestal geïnspireer deur voorgestelde idees uit tydskrifte, waarvan ons prente uitgeknip en plakboeke van gemaak het,…
Deur Tearlach Datum gepubliseer: 20 Januarie 20212
–
soos meeue elke oomblik
van hul lewens die wind gebruik
om te sweef en na kos te soek
so sweef mens se siel ook
op soek na geluk, liefde en vrede
soos meeue is daar arm tye
–
soos in die natuur is daar
basiese werk of pligte vir elkeen
op eerste lyne van bestaan
mense soek voedsel sekerheid
daarna…
Hier teen die einde van verlede jaar het my kersie maar flou gebrand en moes ek behoorlik koes en keer om nie deur die Corona-tsoenami meegesleur te word nie. Die stormwinde, wat onophoudelik verwoesting saai in vele gemoedere, het so ampertjies die laaste flikkering van my hoopliggie ook geblus….
Deur HelenaMellet Datum gepubliseer: 19 Januarie 20211
(BRONS)
“Was dit nou so erg?”
Amelia antwoord haar man nie. Sy gee hom eerder ’n kyk wat veronderstel is om ’n gat in sy kop te brand.
“Ek dink dit het verbasend goed afgeloop,” sê Ben toe hulle die dorp uitry.
Amelia vervies haar vir haar man se selfvoldaanheid en kyk anderpad….