Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

Nag

Deur Datum gepubliseer: 16 Januarie 2021 2

Al sou ek gaan lê, my opkrul
in die sekelmaan se krom
omhelsing

Al sou die sterre
hul liggies verdof in stille
simpatie

Die uitspansel sy nagfluweel
versag tot iets só medelydend
dat dit my hart en siel aangryp

Kan niks jou terugbring, Pa

Hier waar spikkeltjie-ek opkyk
sien ek ‘n
bang-maak-troos-maak
naghemel bo my

Waar my
weerloos-woedende

PA!

E-g-g-o tot bo
net om daar…

MISKRAAM

Deur Datum gepubliseer: 16 Januarie 2021 Hou van

(BRONS)

Afwagtende verwagtende
was sy eens
’n lewe in wording gekoester
en sy, een gemaak
met die vreugde wat
nuwe seisoene bring
sou antisipeer
wou alles leer
van die onafwendbare onbekende
vir bietjie dae
was die afwagtende gekoester
haar beskore
tot die wind binne haar
skeef loop draai
en winter word weer winter,
’n lente en somer skielik verlore

©HMellet2021

Die Nut

Deur Datum gepubliseer: 16 Januarie 2021 1

as mens hier sou sit
tot die oggend weer,
oggend raak.

sal die skree van voëls
en vêr verkeer,
weer verbruik raak?

wat is dan die nut,
meskien is die dood
ń beter begin?

Annus Horribilis

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2020 2

Annus Horribilis (Brons)

grootoog gretig het ons jou ingewag
oor twintig-twintig was ons verheug
reeds vroeg in die jaar met kru krag
het vrese stil-stil kom steel die vreug

prentjie-mooi virus lyk heel fraai
min het ons die omvang besef
Corona het talle skielik kom afmaai
gou het die tyding mense getref

die wêreld soos ons dit ken
was…

Eindeloos (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2020 1

Eindeloos

op dié dag vroeg in September
het ‘n berg jou siel kom haal
jou lyf opgelaai op rotse
en deur Ou Kaapse weg getiekiedraai
totdat jy dronk was van verligting
van jou pyn

jou koebaai het kamers vol gehuil
maar die kranse het jou
dankbaar ingeneem;
hier neffens…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 107 gaste aanlyn

Bydraes – Argief