Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

Dié eensame vrou

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2016 31

Soos die son sy sak, sak
en die nag weer sy gesig kom wys.
Kan ons vashou aan ‘n belofte,
die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat,
want Hy is tog dan ons Herder,
wat ons elke dag en nag beskerm.

‘n Klomp duiwe kom dan gelyk…

Ek onthou.

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 35

… en ek onthou
hoe jou hand geproe het
vasgebind aan die hospitaalbed
toe ek dit die laaste keer gesoen het
toe ek jou vir die laaste keer vertel het
hoe baie lief ek jou het.

… en ek onthou hoe dit gevoel het
die laaste keer toe jy my hand gedruk…

Een tree

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 16

Jy lewe net een keer.
Jy het net een kans,
om van als te leer
en deur die lewenslesse te dans.
Waar jy ook al swerwe,
daar’s net een tree tussen
jou en die groot sterwe.

In die wind se waai

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 21

Langs ou Gatiep op die donkiekar sit Meraai.
Sy is baie vies oor die stof teen haar lyf vaswaai.
Sy trek haar kopdoek reg en gluur Gatiep onderlangs aan.
“Ek sê djy, wane gat djy stop? Ek’s gedaan!”
Gatiep ruk soos hy skrik.
“Hemil Meraai,
ik seg da lat…

traantjies

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 28

selfs die see se sagte kus kan nie
jou traantjies heeltemal uitvee

jy arme verstote misbruikte kind
uitwerpsel van ouer-barbarisme

wat het jy gedoen om dit te verdien
verminkte liggaampie in opdrifsels

opdrifsels van die mens se bestaan
watter reg het sulke ouers tot lewe

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 148 gaste aanlyn

Bydraes – Argief