Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

DIE DAGGA EN DIE DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA

Deur Datum gepubliseer: 7 Julie 2020 Hou van

(Hierdie is my eie ondervinding van ‘n Suid Afrikaanse dwelm kultuur waarvan ek deel was vir ongeveer 35 jaar, hierdie is ‘n uitreksel uit my biografie REDE OM TE GLO)
DIE DAGGA EN DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA
Vanaf die sestiger jare tot in die laat sewentigs het die…

DIE WETTIGING VAN DWELMS

Deur Datum gepubliseer: 6 Julie 2020 1

So ‘n rukkie terug ‘n artikel gelees nadat Dagga gewettig is dat hulle oorweeg om soos in Holland alle dwelms te wettig, dit mag nie gebeur nie.
Ek kan nie saamstem dat dwelms gewettig word nie, laat iemand wat dit voorstel eenkeer LSD vat of ‘n lyntjie snuif, of…

Lewe Herhaal

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2020 1

sade is gedop
binne eie aard geperk
om dood te stol
tot vog lewe laat ontpop.

die saad
ontsnap van droë dop
na groen sap spriet
wat seisoenaal sade strooi.

die lewe
gebore uit DNA
woeker oor tagtig jaar
om dood te gaan?

4 uur op die snelweg

Deur Datum gepubliseer: 2 Julie 2020 1

die nag is somber swart en koud
die donkermaan se hiperbool
swaai ‘n sekel oor die sand
‘n yswind suis uit hoeke uit
en die snytjank van ‘n jakkals
eggo rillings oor die land

in hierdie vasgestelde uur
soos ‘n mistiese swart slang
wat die dood se engel aansis
lê die snelweg stil en wag
vir die huswa en…

Trane vir my Troebadoer (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 1

Die strate is stil sonder jou
êrens
op ‘n bankie in ‘n park
sit ‘n klein tortelduif alleen
sy jammerkoer eggo teen beton
eensame kantoormure
waarvan glasdeure
geslot en geketting is
spookpersoneel spartel
om kop bo water te hou
vasgevang
in ‘n ekonomiese virusvuis
wat alles wil versmoor
ook…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 231 gaste aanlyn

Bydrae Totale