Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Briewe

Net voordat ek gaan

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2019 1

Net voordat ek gaan

Nou lê die aarde nat –
deurweek met water
en wolke trop
soos witwollammers teen die blou.

Ek vertel dit net vir jou
al vrees ek, verhale oor die weer
kan soms verveel;
ek en jy kon nog altyd
die son en wind en reënval deel.

Ek vind…

Bandopnemer

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2019 1

Bandopnemer

So in ons derde of vierde jaar op Stellenbosch het ek en ‘n vriend ook lus gekry vir die ondervinding van ‘n “blind date”. Beide van ons was genooi vir ‘n rugbydans op Koos de Waal se plaas, daar tussen Stellenbosch en die Strand en dit was ook…

Verlore tyd

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2019 3

Verlore tyd

Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie?…

Pandora Box

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2019 2

Pandoras Box (Flentertjies)

Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by…

Digterspalet (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2019 2

Vrugwaters vog vloeiend uit die veer;
genesis ontwaking wat niemand kan keer.
In skreeuende stilte, syfer metafore
oor suiwerwit papier.

‘n Pynlike proses van gee en neem en gee en neem,
wyl die skepper sweetend en swoegtend
die wonderwerk in woorde wasem
uitasem – geduldig tevree.

In sy hande, soos kosbare silwer,
lê die skepping van sy trane,
sy…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 103 gaste aanlyn

Bydrae Totale