Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Bonatuurlik

Kaptein

Deur Datum gepubliseer: 21 Mei 2019 2

Beste leser. Ek weet wat jy gaan dink. Ek het dit self telkemale al gedink – nee – geglo. Bog. Blote waansin en onsin. Maar ek gaan jou in elk geval vertel. Dis tyd.

Ek het as jong man ‘n brandende nuuskierigheid en belangstelling in die geskiedenis van oudhede gehad….

Stompsinnigheid

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2019 1

“Probeer ‘n ander een. Vinnig!” sê Maggie terwyl sy rond trippel.

“Ek het! Die chimera is net té sterk!” Danielle kyk na die monster moedeloos.

Lawa spat na hulle vanaf die vreesaanjaende gedierte se bek en mis hulle net-net soos ‘n botsende towerspreuk die chimera in die oog tref.

“Ek’s te jonk…

Tyd!

Deur Datum gepubliseer: 17 April 2019 4

Verskeie jong dames dans oor die veld vol blomme en sing goeie môre vir almal wat hulle verby gaan. Die voëls sing saam en dit word die lawaaierigste oggend wat die wolf in ‘n baie lang tyd ondervind het.

Sy regter oog spring, die oorpluisies het ophou werk toe die…

Die wewer

Deur Datum gepubliseer: 8 April 2019 2

Die Wewer

Sy weefmasjien is ‘n moederskoot
En die draadjies waarmee Hy wonders wek
-vlees van vlees en bloed van bloed-
magiese kodes in weefselspiraal vervleg.

Die weefproduk, onvervangbaar,
van groter waarde as die die mooiste mat,
word in die presiesheid van die tyd
tot die grootste kunswerk ooit gevleg.

Van…

Heerser van die Woud

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2019 1

‘Ek moet met ‘n mens praat,’ dring hy aan.

Ek loer vir die elf wat by die hek van die kasteel staan, nie seker of ek reg sien nie. Elfies kom nooit na mense plekke toe nie. Meesal omdat hulle verkies dat ons van hulle s’n wegbly.

Net stilte ontmoet hom….

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 886 gaste aanlyn

Bydrae Totale