Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Bejaardes

Hart van ‘n ma

Deur Datum gepubliseer: 11 Mei 2019 6

My kind …
jou optrede en woorde
skif soos kaf in die wind
een oomblik kwansuis satyn
dan weer druppend van venyn
kneeswoorde en dade
(hier en daar, deur die jaar)
wat seer letsels laat

my oog sien
wat ander nie kan
my oor hoor
wat ander nie verstaan

getrou gee…

My oupa Klaas en my ouma Nettie (brons)

Deur Datum gepubliseer: 16 April 2019 4

My oupa Klaas
is aljimmer aan’t timmer in die agterplaas.
My ouma Nettie
weetie hoe sy dit met hom hettie.

“Hy hamer en hy saag
en hy skuur en hy skaaf,
maar hy kom net nooit klaar nie;
dan praat ons nie eers
van hoe hy opgaar nie.

“Dan kom…

RUBY

Deur Datum gepubliseer: 10 April 2019 1

Telkens wanneer ek vooroor strek
begin my mondhoeke wyer trek.

Dan onthou ek weer die dag
saam met klein Ruby in die bad.

Sy babbel borrels soos sy praat,
handjies wys dan hier, dan daar,
toe sy skielik stop, fronsend staar
en gil – Ouma jy het lippe op jou maag!

druppels

Deur Datum gepubliseer: 8 April 2019 1

snags drup dit
mistige weer druppels
saggies deur my sluimer
hoor ek die druppels drup
plons-plons op ons dak
rol dit sag verder
en drup dit
in emmer
op sand
so
drup
die liefde
saggies uit
tot ouderdom
dit vervaag
met
korrels
sand
wat
saggies
sif

©Teárlach

Dag van die beduiwelde eiers

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2019 4

Ouvrou Wippers is toe nou uiteindelik dood. Askies dat ek sê “uiteindelik” maar ek glo die dorpenaars sal ieder en elk saamstem dat “uiteindelik” die regte woord is. Niemand is seker hoe oud sy was nie. Katryn Brilboks, die bibliotekaresse, het navorsing gedoen en die vroegste verwysing wat sy…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale