Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Bejaardes

Vergeet om te vergeet

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2016 5

met soveel liefde en soveel vrede
leef jy nou in die verlede
nie bewus van plek of tyd
gaan jy maar rustig voort
met die dinge van lank gelee
nog nie uit jou geheue gevee
name wat ek nooit leer ken het
ouderdom wat die keer gewen het
jou brein is nou opgeroes
jou spraak ’n sagte mengelmoes
deur…

Fluweel gordyne

Deur Datum gepubliseer: 30 April 2016 7

Agter toegetrekte fluweelgordyne
Oorspronklike skilderye wat hang
Tree vir tree oor persiese tapyt
Goue raam om die massiewe spieel
My eie gestalte omring met weelde
Alles in oormaat met smaak geplaas
Antieke meublemente perfek op plek
Elke ornament met die hand gekies

Dis die Dood wat Lente bring

Deur Datum gepubliseer: 26 April 2016 5

Met die uitgang van my dag kom ek staan
in bewondering oor die waasbleekmaan
wat druip bo die son wat dyend sterf
in sagter kleur van aangeslane goud
en my siel en gees word skielik koud
soos die wegslaanasem van winter
as sonnestrale oor verre rante splinter.

Tog: Ek weet, uit draaiing van seiesoen,
dat in hierdie…

Ma

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 8

haar hande dese dae twee bewertjies –
klein woelig en niestandhoudend

haar lyf ‘n koepel
kromgetrek deur onbeantwoorde vrae
geklee in son en see en laatsomer dae

lippe sonder bewussyn aan’t bid
geoefende prewel sonder rym
genade vir haar kroos, haar nageslag
vir nagte sonder skete en pyn

met geleende oë kyk sy smorens die horison plat
om ‘n…

Resensie: Die film, Ek en Kaminski

Deur Datum gepubliseer: 6 April 2016 6

MET DERTIG is jong mense wat pas ‘n universiteitsgraad ontvang het gewoonlik trots op hul prestasie en dikwels eersugtig. Sommige ly onder selfoorskatting. Menige, nie alle nie, word bekrompe, arrogant, skrupelloos in hul poging om na bo te streef. Mense kan, soos hulle oud word, al hoe milder word,…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 102 gaste aanlyn

Bydrae Totale