Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Bejaardes

Die ou man se winter

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2020 Hou van

Ek het gevoel soos ‘n haas in ‘n aankomende stel kopligte. Verlammende skok. Jeanie was weg. Ek het uit die ou leunstoel gebeur; geswets omdat my ou beendere so gesukkel het om saam te werk. Toe ek orent is, kies ek dadelik koers kombuis toe. Jeanie se plek. Daar…

Stof Liefde

Deur Datum gepubliseer: 18 Junie 2020 Hou van

warm in stof
staan ń tannie alleen
by nommer twee.

verlore die vraag
vir lafenis kafee,
antwoord net
te laat het sy gewag
hy is na ń
ander straat.

sy strompel
mompel sag
aanvaar die nat soene
want julle is goed
bymekaar.

Stof Liefde

Deur Datum gepubliseer: 9 Junie 2020 1

warm in stof
staan ń tannie alleen
by nommer twee.

verlore die vraag
vir lafenis kafee,
antwoord net
te laat het sy gewag
hy is na ń
ander straat.

sy strompel
mompel sag
aanvaar die nat soene
want julle is goed
bymekaar.

Plooi Oë

Deur Datum gepubliseer: 8 Junie 2020 Hou van

oë in neon lig,
blindings omlynde kantoor
in fronse getooi
bestudeer grafieke.

oë in half donker,
prentjie gordyn sorgbed
in plooie getooi
staar na buite.

paaie geloop
deur die lewe
nou plooie om

In my ma se tuin was daar ’n vyeboom

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2020 Hou van

Mamma
as ek kon sou ek vandag
’n draai by jou wou maak
met melktert en geel blomme
en sjokolade na jou smaak

ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot;
die paadjie na jou voordeur loop
en aan die riffelruitjies klop

ek sou langs jou sit
op jou voorhuisbank
en…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale