Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Behoefte

Die wens put

Deur Datum gepubliseer: 12 Januarie 2020 4

Die wens put
Die munte val met ‘n plons
in die water en sink weg, na
‘n donker duisternis, wat herinner
aan die kleur van diep in die nag.

‘n Wêreld wat gedroom moet word
om te realiseer. ‘n Wêreld
waar dit geluk gaan koop vir
‘n magdom soekers na…

sigbaar – hoorbaar

Deur Datum gepubliseer: 10 Januarie 2020 2

eers was dit die dowwe kolle
toe kom die grys gordyn af oor haar oë
asof dit nie genoeg was nie verloor sy gehoor
daarmee word dit donker en stil – strafgerig
of is dit maar ouderdom wat so maak
wat het sy verkeerd gedoen
donker nagte en dae

Opdrag vir ‘n Reëngebed

Deur Datum gepubliseer: 8 Januarie 2020 2

roer jou stingels grasveldlande
wuif jou halms in die wind
hef jou grootheid oor die rante
buig jou berg se rots my kind

skink die dieptes van jou branders
in ‘n vredes nagmaalkelk
hurk jou volmaan voor die melkweg
laat jou son se skyn verwelk

slaan jou oë op, dorre aarde
skud die stof af uit jou roet
stomgebuig…

My woordvollewe

Deur Datum gepubliseer: 26 Desember 2019 2

Ek wil in woorde verlore raak
myself letter vir letter behaaglik toevou
al tonekrul-dansend op ewig verskuiwende woordduine
wil ek woordkorrels skaterlag hemelhoog opskop
sodat dit smeltend om jul neersak

ek wil verdwaal in ’n woortynstorm
soekend na ewige skoonheid van lewe
in digverhale wil ek dit vaslê
sodat julle…

GOUE PÊRELS

Deur Datum gepubliseer: 19 Desember 2019 1

Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai.
Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 89 gaste aanlyn

Bydrae Totale