Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Behoefte

Maanengel

Deur Datum gepubliseer: 21 Augustus 2019 2

Dis koud in ons kamer
die wind waai stil deur die huis
dis al Augustus in die Boland
en die skepping se stof
hang buite tussen Peperboomblare
en die oop ruimtes in my kop

ek is soms nog jy of ons
my gedagtes vertak verder 
deur die donker gange van…

Warm en kurkdroë sand

Deur Datum gepubliseer: 19 Augustus 2019 1

Soms is daar so baie dinge
dinge wat seer maak
dinge wat saak maak
en dinge wat jy net wil begrawe

In ‘n diep gat gooi
en warm sand daaroor strooi
jy wil net daarvan vergeet
maar dinge het die vermoë,
om deur grond te vreet

Soos euwels van gronderosie

Staan verstom

Deur Datum gepubliseer: 17 Augustus 2019 2

ek tuur die verte in
gedagtes ver heen
woorde afgesny
ek staan verstom

my hart bons
en my asem jaag
tot stilstand geruk
die mooiste melodie

bereik strelend my ore
‘n stukkie geheue omvou my
“Baby Blue” vorm die woorde
oor my lippe prewel ek saggies

beleef ek sy vingers
oor die…

Soekend

Deur Datum gepubliseer: 14 Augustus 2019 2

Ek soek jou in die more
ek soek jou in die aand
Iewers by die werk
naby my gisters

more kom ‘n nuwe dag
wagtend in vroeë dou
in die sonstraal van verlange
weet ek die koue wintersnagte

toegevou in warm kombers
jou liggaamshitte ontbreek
soekend in die geur van koffie

Uitgeklok aan Genade (Boemelaar)

Deur Datum gepubliseer: 14 Augustus 2019 Hou van

Winterkoud vuil verslete
klouend aan ou kombers
Iewers het sy lig verdwyn
tussen gevoel en lewe

uitgeklok aan genade
alleen in eensaamheid
wonder hy soms “hoekom”
waar dan so skeef gedraai

strompel hy deur strate
op soek na iets te ete
voor winkelvenster
pak hy sy bondeltjie

Koue sement vloer
opgerol in n sielestryd
oorval n diepe slaap
en hoop onbeskaamd

©Louisa van Vliet

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 73 gaste aanlyn

Bydrae Totale