Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Behoefte

Die vier seisoene storie.

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 13

Daar is vier strande in my hart.
(Amper soos die spoke
in daai cliché Kersfees-stories.)

En as ek moet begin
sal ek sal begin by die verlede
my verlede
op die warm strand
met spierwit sand
wat jou voete brand.

Daar waar die water warm is
en die bome skaars is.

Die strand waar al my seer gebêre is
en…

As ek (1) …

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 8

as ek ‘n lovesong vir jou skryf
en dit vir jou sing
sal jy ‘n strik om jou hart bind
en dit vir my bring

Stil woestyn verlange

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 9

Swerf my gedagtes
na ‘n droӫ woestyn
met jou glimlag in my hand
voek ek hoe die verlange brand

My hart soek ‘n oase
waar hy kan rus
in die verte sien ek jou glimlag
en ek weet daar is koelte
en water vir my siel

Strompel…

Net jou hand …

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 13

die see is rof-onstuimig
soos die storm in my hart
die seevoëls raas aspris met
skril stemme wat my tart
ek het jou gemis vanaand
die see was sommer grou
die branders ken ‘n nuwe lied
ons het dit saam geskryf vir jou

ek wou die boodskap by…

Seemeeu

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 11

Tussen berg, boom en klip
en laat middagson hitte
wat golwe op die grondpad gooi
hoor mens die gesing
van voëls gereeld.

Hier is loeries en arende
en as die geluk na jou kant toe waai
mag jy dalk ’n valk sien.

Ja, my grootword is in die Bosveld
… al verlang my hart na die see
en saam…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 74 gaste aanlyn

Bydrae Totale