Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Behoefte

‘n Donkerrooi steen

Deur Datum gepubliseer: 17 Maart 2016 6

Gisteraand het die maan ontplof
dit was ’n helder slag
soos die flits van ’n kamera
in die nag …

al wat nou oor is
van die maan
– ’n donkerrooi steen
wat gebroke in die donker lug hang –

Die slag se krag
was so sterk
dit het tot op die aarde gestrek
en my teen my…

Steurnis in die nag

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2016 7

Ek staar na die dak en luister,
luister na die niks wat op my gil.
Die vertrek is donker,die hele huis, stil.
Al wat ek hoor is die stilte se fluister.
Die dikdonker word dikker,
die stilte wurg my.
Nog ’n nagrus daarmee heen
as die slapeloosheid oor my…

Ek offer vir jou

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 10

”k breek in diep ontferming vir jou
‘n broodjie saam met die visse
van ‘n kobaltblou see
dan buig ek stom en skep bakhand
uit die Eufraat se vloed
dat die son weer
oor jou geluk sal gloed

‘k doop jou met die hoopvolle wete
dat jy kan vergeet om te onthou
dat jou seerkry in die kring
van…

Die rooimaan droom.

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 11

… en dit was
so duidelik soos daglig
(al was dit in die aand)
dat die seer
wat ek gedink het gaan my breek
het my toe skaars geraak.

Jou houe
en woorde
en vloek op vloek op vloek
het nie die eerste laag
van my bestaan deurgedring nie.

… en met ’n glimlag om my mond
het ek onverskrokke
stil gestaan
dat…

Ek skryf (weer) vir jou (3) …

Deur Datum gepubliseer: 13 Maart 2016 8

ek was vandag by die strand gewees
gaan kyk hoe branders spoel
ek het weer daar jou woorde gehoor
“ons is vir mekaar bedoel”
ek wou gaan kyk of ek nog
jou naam daar in die seesand kry
maar die golwe het dit weggespoel
getekende hartjie wat sê jy’s…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydrae Totale