Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Armoede

Dis lekker in Suid-Afrika (Humor)

Deur Datum gepubliseer: 1 April 2016 11

Almal wil ‘n huisie by die see hê,
maar niemand het geld om een te koop.
Dit maak nie saak wat ons vir die baas sê,
hy wil ons nie eers ‘n kleine verhoging gee,
ons kan nie eers ‘n kar bekostig nie,
nou moet ons maar elke aand huis toe loop.

Al die mans…

Agter die pienk deur

Deur Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 10

Lalie trek die deur versigtig toe, saggies sodat sy nie ’n geluid maak nie. Haar huismense slaap nog, want dis nog vroeg. Dit is net na ses en die son is nog nie behoorlik op nie, maar die flou oggendlig is genoeg vir Lalie om te sien wat sy…

“Europa is ‘n baie mooi plek”

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2016 10

Maar hier in Afrika
stap ons (soms nog) agter beeste aan –
verby bar fonteine
baan ons onse weë
oor droë lande
en met stofpaaie langs
na velde waar daar weiding is.

8 Kommentaar

Die boemelaar, op die groen bank, by die verkeerslig.

Deur Datum gepubliseer: 7 Maart 2016 11

Ek bestuur,
een hand
om die stuurwiel gevou
terwyl die ander
’n KFC rounder vashou

en die verkeerslig
is nou ’n stopstraat
(’n aansteeklike siekte in die dorp)

en op die hoek
van die straat
onder die dooie verkeerslig
sit
’n ou boemelaar
(heel gemaklik)
op ’n groen rusbank
en lag

vir al die mense
in hul luukse motors
wat van frustrasie vloek
omdat m e n s…

Straatkind

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 21

Ek is arm, my menswees is bankrot.
Als wat ek in die lewe wil hê, kom met ’n buitensporige prys.
Ek is die straatkind wat koud en dom vir jou sit en wag.
Jou verbystap hier langs my, bring dalk ’n bietjie hoop.
Ek het nie veel nie, my…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale