Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Armoede

Verstaan

Deur Datum gepubliseer: 3 Julie 2020 4

Die man staan skree
by my voorhekkie
vra vir Krismas of werk
geldjie sal ook doen
meneer.

Skuld en woede meng
vir jare hardewerk
geld verdien
nou sommer so
geeis.

Die las van bates
die vryheid van min
bots op ń paadjie
met ewe veel
skuld.

Wind Dans

Deur Datum gepubliseer: 27 Junie 2020 2

die winter wind
waai oor die pad
ń gras pol buig
wit oor die swart rand
skiet blitsig terug as
voertuie verby snel.

vervlenter, amper kaal
staan alleen loper
met knop dun ledemate wat
fladder dans teen die wind
as nog ń gras pol
in die winter veld.

Lesotho Kind

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 3

teen ń oop berg wang
staan ń kaal kind
oë vra
wat soek jy hier
onder my kombers.

perd hang kop
na plat gewaaide
stoppels ongeerg
oor vreemde stad
kind.

in die land
staan die gras laag
sneeu wind somer droog
laat enige langhaar
kort pad vat.

God se stem

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 4

(goud)

Ek is nie die applikant in die skrywe nie
ook nie die regter nie
maar as ek so om my kyk
sien ek ‘n toekomslose môre
een vol dongas en dae sonder name
een soos vandag
wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem
net vir ‘n uur…

Ontsnapping

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 4

(goud)

Ek lê in my armbuurt
saam met ryk mense
en ek hoor hoe baldadig
hulle in oorvloed lag en rondval
dronk gesuip aan hul eie ego’s

al wat ek wil doen is op die rug
van ‘n wilde perd spring
‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke
en hierdie plek…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 35 gaste aanlyn

Bydrae Totale