Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Armoede

Lettie en die Wietbieks troue

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2019 3

Wanneer ‘n danser dans, probeer sy nie op ‘n spesifieke plek op die verhoog of dansvloer uitkom nie, maar om elke tree te geniet. Dit is eintlik ook hoe ‘n mens die lewe moet leef.

* * *

Elke familie het mos maar so ‘n gesin. Hulle is deel van die…

Boemelpaar

Deur Datum gepubliseer: 3 Desember 2019 Hou van

Bergies speel op tromme
en rook in hul longe

Die boemelaar en boemelvrou
is ongeskik màar streng getrou
Hul slaap al jare saam n uitgemaakte bokkompaar

Hulle swerf rond soos swaels met afgekoude naels
Skrop n leplek waar hul kom
en voer dit uit van kant tot kant
met swartsakke en ou koerant
As die winde die duine…

Bedelaarsgebed

Deur Datum gepubliseer: 1 Desember 2019 3

Here,
help tog vir Suid-Afrika,
die suiderland kry swaar.
Soms is sy so moeg,
Heer, ek dink haar senuwees is klaar.
En haar hande wil nie werk nie,
deesdae voel haar vingers stram.
Haar spiere het verswak,
Here, haar bene is verlam.
En haar voete kry nie rigting nie,

Onreg kweek verset

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2019 Hou van

wanneer onreg
grou flets
en saad skiet
in brak grond
deurskemer
bitter belet
verwronge denke
tot duister verset

sonskynspatsels vervaag
vars onthou
en weeklaag rou
die siel
se bitter lot
met opstand
in eensame
berou

©Driekie Grobler

damocles – kultuur

Deur Datum gepubliseer: 11 November 2019 1

die kind draal leepoog huistoe
daar is niks vir hom by die huis
ouers en boeties kom eers laat
middag alleen met net bediende

tuis kry hy koffie of tee met brood
skraps botter en smeersel konfyt
soms net ‘n droë korsie wat oorbly
na bediende en tuinjong gehad het

saans…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale