Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Teenstellende Land

Deur Evelyn van der Merwe
Datum gepubliseer: 3 Mei 2016 Aantal woorde: 206 1058 Kere gelees 15

In ‘n land van melk en heuning
doof klank van Magtige dreuning
daar om pot van putupap en wors
vrek ‘n nasie van honger en dors

In ‘n land van snuifgom en tik
ontbreek dissipline – ouers verstik
langs die lieflik sprankel fonteine
borrel suurwater – afval deur myne

In ‘n land van osstert potjiekos
word wesies honger op straat gelos
onder die hoepel van reënboogkleur
hamer swartdood teen elke deur

In ‘n land van kultuur en taal
sinlose snelskrif getik met nael
diep in die landerye groengeil
staan Boere by banke en huil

In ‘n land van lowergroen plantasie
verwoes in vuur van hierdie nasie
spook en spartel suurstofryk’ lug
dikbril professore staan net terug

In ‘n land van kerslig, paraffien
wil kragreus bedanking indien
eens vrysweef stuifmeel deur bye
dood osoon met gifkan spreie

In ‘n land van woeker en swoeg
seevier korrupsie-nou toegespoeg
staan jy dan nog trots en kordaat
of hande af deur enkel mandaat

In ‘n land van speel op straat
pronk daar nou lemmetjiesdraad
daar waar eens was- oorvloed en seën
staan knielende volk nou en ween

In ‘n land vol Christen geloof
word God’s genade uitgedoof
instede van bymekaar staan
treur ieder nou sy eie traan




TEMAS
10 Kommentaar
  1. Anze

    3 Mei 2016

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Teenstellings projek

  2. Viooltjie

    3 Mei 2016

    Baie gepas vir die tema, Evelyn. Goed gedoen.

  3. neels

    3 Mei 2016

    Hoe pragtig beskryf Evelyn ons vernielde land

  4. Arnold

    5 Mei 2016

    Dis hartroerend om toe te kyk hoe ‘n eens vooruitstrewende land so vinnig ten gronde gaan.

  5. Koekekranka

    10 Mei 2016

    Hierdie werkie is nie net uiters passend by die onderwerp nie, maar duidelik ‘n herinnering aan die toenemende verval en volstruisagtige kop-in-die-sand leef!!!
    Wegedaan!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 98
Kommentaar telling: 479

Ek skryf om leeg te word van alledaagse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.  Dankie vir julle inloer en saamlees.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 143 gaste aanlyn

Bydraes – Argief