Jongste aktiwiteit:

Te laat

Te Laat!!
Hygend, dan stil, stop, die laaste asem word uitgeblaas
verward, mense siele snik en rou, elkeen wou vir oulaas
nog net een keer sê! Wat, wou jy dan sê? wat sou dit baat
die engel van die dood het sy rondte gemaak , dit is te laat!

ek wou nog net eenkeer sê, ek is lief vir jou my maat
daar Die woorde is nou eenkeer heeltemal te laat, te laat
ek wou nou nog vra, laat vaar die strydbyl wat ons laat haat
die strydbyl is ewig daar, die haat, nie verlore, dit, is te laat

wou nog eens diep in jou oë kyk, jou siel en myself verlaat
selfs dit, is nou donker, dof, dood en vir altyd is dit te laat
die wonde van woorde gesê, dalk nie bedoel, tog seer gemaak
die toon van berou om te sê, ek is jammer, tot dit, is te laat

te haastig ,‘n prentjie met die sel moes more sê en praat
hoe graag, sou ek dit nou wou verander, maar, dit is te laat
die foon optel, bel, vra hoe dit gaan, kan ek help , gee my raad
jy en tyd was nie genoeg nie, nou dat ek vra, weer, is dit te laat

eerlik wou ek vir jou sê, ek vergewe jou, ek is nie meer kwaad
die tyd wat ek oorvloedig gehad het, uitgestel, nou is dit te laat
more is mos altyd nog ‘n dag, los dit vir dan, so of so sal ek maak
die foon lui, ‘n sagte duister stem, dis als verby, dit is te laat, te laat

hoekom het ek gewag tot nou, my trots, my ego, maak dit saak
die dood het als verander, nou is dit vir ewig te laat, dit, is te laat
my leuse was altyd, van uitstel kom afstel , moet nie wag vir te laat
ons tyd is buite ons hande, ek’s so baie spyt, maar dit, is ook te laat!!!
Ek is lief vir jou! Vir julle!!

Kopiereg © Wilfred (Willy) Funchal




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed