Jongste aktiwiteit:

Te Besig?

Vlugtig is die tyd van die wesens,
tydloos die prys vir hulle lewens;
klein is die wêreld en kort die besoek,
groot is die heelal en lank die gesoek.

Souterige soene, waardige woorde,
te laat om te eer met valse woorde;
gister het gegaan, vandag het gekom,
more sal hulle weer bymekaar uitkom.

Tot die dag kom, vergeet oorneem,
om hulle van mekaar te vervreem;
gedagtes en foto’s van vergane dae,
dis wat oorgebly het vir die geheue.

29/07/2017 © C. du Plessis

Aan Tony Basson wat (10-08-1968 – 28-07-2017)




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed