Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sy en Saffraan

Deur Vossie
Datum gepubliseer: 27 Augustus 2018 Aantal woorde: 624 525 Kere gelees 12

My naam is Berke Khan, en ek is die Generaal van die Mongoliese weermag. My land is die land van die ewige blou lug. Die land van die Bactarianse kamele, met twee boggels. Die wêreld se beste perderuiters, en ons roem daarop dat gedurende die Nadaam fees al die mans deelneem aan ons drie nationale sportsoorte, naamlik ruiterkuns, boogskiet kuns en stoei. Dit is hierdie deelname wat ons die magtigste nasie in die Ooste gemaak het. My oupa was Genghis Khan, en hy was die koning wat ons land op die pad van oorwinning gestuur het. Hy was ‘n slim man, en ook ‘n baie dapper soldaat. Sy krygs kennis het ons magte in staat gestel om nasies soos Arabiё enTurkye te dwing om voor ons te buig in die twaalfde eeu. Ek en my broers het sy Ryk verder uitgebou en ons beheer die Suidelike silk roete vanaf Siberiё tot die Europese steppe. My pa is die Generaal, Jochi Khan. Deur sy afrigting en ondersteuning het ek die Goue Horde van Mongoliё op die been gebring, en in stand gehou, deur die blou en wit horde saam te smelt. Ek is ‘n prins en is gebore in twaalf-nul-ses, en ek het my tande op swaarde en skilde gesny. Ek is een van die erfgename van Mongoliё. Vanaf die Gobi woestyn met sy klipvlakte en singende duine waar die temperatuur wissel van -40 tot +40 grade celsius, tot ons hoofstad met die koudste gemiddelde temperatuur van alle hoofstede in die wêreld -1,5 grade. Onder my persoonlike oorwinnings tel ek Rusland, die Moslem Volga en die Hongaarse weermag. Deur harde werk het ons beheer oor groot gedeeltes van die silk roete, en ook die van die stede waardeur die roete beweeg. Silk en goud, speserye en slawe, edelgesteentes en wyn. Dit is die olie wat ons weermag se ratte laat draai.

My volk het ‘n wonderlike en kleurryke kultuur, en vandag is minstens ‘n derde van die populasie steeds nomadies. Ons is lank reeds nie meer die gerekende ryk wat ons eens was nie, en alles beweeg nou teen ‘n rustiger tempo. Ons is steeds die wêreld se beste perderuiters, en tesame met kamele en skape maak die nomade hulle bestaan. Ons gee nooit ons perde of kamele name nie, en selfs die perde word gemelk, en is ook gereeld op die spyskaart. Veral nou terwyl ons feesvier, eet ons graag ons tradisionele disse, soos heelgebakte skaapkop. Die grootste eer is om die skaap se oё aangebied te word, en dit is kultuur dat die ontvanger van die eer, altwee oё moet eet. Om die koue te kan oorleef het ons ‘n unieke manier ontwikkel om vir ons verskuifbare huise te bou, wat ons ‘n “Ger” noem, en dit baie gemaklik in rig. Dit bestaan uit ‘n raamwerk van houtlatte wat in bondels gebind word om die mure te vorm en dan die dak soos ‘n ribbekas uit nog latte te bou wat self ondersteunend is. Alles word nou met velle of selfs felt bedek, behalwe die middel van die dak, wat oopgelos word vir rook om te kan ontsnap.

Vandag is Mongoliё die laags bevolkte land ter wêreld en van die eens magtige militêre ryk is daar nie veel oor nie. Dit is nou ‘n beskaafde rustige volk, wat steeds die uitdagende elemente van die koue hoek in die ooste ‘n tuiste noem. Maar kyk maar gerus rond as jy in ander lande loop. Selfs vandag nog is daar oor die drie-honderd rots etse, in lande soos Rusland en China. Daarop word ‘n kryger uitgebeeld, met ‘n gordel om sy middel terwyl hy vervoer word met ‘n vlieёnde rendier. Dit was Mongoliё toe ek nog die Generaal was.

©Vossie




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    27 Augustus 2018

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2018 – Haikoe projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 22
Kommentaar telling: 1

Ek is al 16 jaar getroud met 'n pragtige mensie en pa van 'n besige laaitie. My passie is letterkunde, reis, fotografie en elke oomblik saam met my gesin. My geloof is ons behoud en die gom wat alles bymekaar hou.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale