Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: swartland se meisie

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 30 November 2017 Aantal woorde: 123 340 Kere gelees 5

o die swartland, die swartland se meisie is so mooi
waai die velde, koringplante skiet nou vol sade
oor die heuwels, wuiwende geel plante vol voedsel
o die swartland, die swartland se meisie is so mooi

oor die heuwels, wuiwende geel plante vol voedsel
stap my meisie, met wit rokkie sing van haar liefde
meisie van my, die wind bring my jou sagte liedjie
oor die heuwels, wuiwende geel plante vol voedsel

waai die velde, koringplante skiet nou vol sade
swartland meisie, met sagte hartjie ek het jou lief
goudgeel haartjies, perske-geel laggie jy is my nooi
waai die velde, koringplante skiet nou vol sade

o die swartland, die swartland se meisie is so mooi
goudgeel haartjies, perske-geel laggie jy is my nooi




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Vonnie

    30 November 2017

    Baie dankie vir jou op-die-laaste-nippertjie inskrywing vir Novembermaand.

  2. Tearlach

    30 November 2017

    Liewer amper laat as net laat! he he

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 584
Kommentaar telling: 82

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 88 gaste aanlyn

Bydrae Totale