Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Swaandans

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 4 Julie 2019 Aantal woorde: 97 180 Kere gelees Hou van

Die swaan was wit en sag,
te fyn en sensitief.
Haar hart was oop en skoon
en sy had lief.

Maar dit was nie versadigend
vir volmaakte kuns:

Sy moes eers pynigend
deel aan swart en wroeg,
breek en stukkend sny,
tot in haar siel in ly
en sierlik vrek
om in totale yin en yang
van wit en swart,
van nek gekrul om nek,
bloeiende te fluister
in haar swanesang:

Nóú kon ek voel en sweer
dit was totaal perfek! –

te midde van ovasie-guns
van almal om die volmaan-meer.

Charleine Collins © 28 Junie 2019

Illustrasie: Madelie Charlotte Olivier © 2015




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 93
Kommentaar telling: 39

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale