Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Sutherland Skilpad

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 21 Oktober 2020 Aantal woorde: 57 33 Kere gelees 1

teen koppie
in ń piering vlakte lê
ń swart koffie pit
glad gedop in die wind.

rond kaal gekop
tussen gekraakte rots
blink swart gebrand
op sy sterre pad.

in ń water beeld
swem hy
om te kuier
aan die dor kant van die pad.

die bruin grys dop verdwyn
tussen niks en klip
ń bietjie lewe
in dié droë see.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 469
Kommentaar telling: 75

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 36 gaste aanlyn

Bydrae Totale