Jongste aktiwiteit:

Sussies

Eens was daar drie sussies
en onthou ek uit vergange se dae
n kiekie iewers so soortgelyk
aan hierdie foto erens in n album

Spits ek my oe op die foto
en word verlange so groot
aan eens onder n moerbeiboom
saam pop, pop gespeel

Soggens vroeg het ons saam
die ganse en hoenders gaan kos gee
Saans het ons in die pophuis gespeel

Ek onthou ons driewiel by oom Skollie gekry
en om die beurt elkeen sy rit geniet
Die kole kamer was nooit verniet
want snoesig en warm het ons saans om stoof gesit

In rokkies mooi was ons getooi
uit moeder se eie hand ontplooi
netjies was ons haartjies gekam
en vasgestrik alte mooi

So kom somers en gaan gisters verby
maar drie klein sussies ewig gebind
en later jare kom kleinsus by en word
ons sussies vier in getal met n gelyke getal

En deel ons weer saam in die grootmaak
van n bondeltjie vreugde aan n sussie gebring
heerlik was dit om dit te beleef
in die opgroei van baba sus vir ons

Gaan vergange se dae verby
en word die besef dat dit eens
ons beste tye van kind wees ooit was.
en sal verlange na dit nooit ooit eindig.
©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed