Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: strand

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 15 Mei 2019 Aantal woorde: 87 360 Kere gelees 3

‘n hoop sand
begroei met fynbos
skilpad se plek van rus
fisante skrop daar sade uit
meeue vlieg krassend daaroor
daar langs ewige brom van golwe

‘n strand
besaai met skulpe
strandlopertjies se speelplek
krappe spoel daar uit en verdroog
meeue oes daar geil witmossel slakke
daar waar die see gereeld wit some verf

waar mense kom rus en inhibisies breek
uitbundig lag en kuier sonder vrees
weg van eie omstandighede
weer vredige stilte vind
in die blou see en lug
sterre tel en herstel

©Teárlach




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Margaret Cordier

    21 Mei 2019

    Mooi geskilderde woorde…

  2. Tearlach

    21 Mei 2019

    Baie dankie vir jou saam lees en mooi woorde Margaret. Ek waardeer dit baie.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 584
Kommentaar telling: 82

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 100 gaste aanlyn

Bydrae Totale