Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Straal Jy Selfvertroue Uit?

Deur Lynelle
Datum gepubliseer: 13 Julie 2019 Aantal woorde: 698 78 Kere gelees 1

Soms is dit so maklik om vas te kyk teen die onmiddelike dat ons nie die groter prentjie raaksien nie. Ons lewe so ingewikkeld en soms selfs donker dat ons vergeet om te glimlag en net die nuwe dag te omhels. Maar soos met alles in die natuur het ons lewens ook seisoene. En jy kan glo dat die winter nog deel is van jou lewe of jy kan die standpunt inneem dat jy nou ‘n nuwe tydvak in gaan. Dat lente jou lewe gaan verryk. Dit gaan alles oor gesindheid. Wanneer ons gesindheid reg is het ons selfvertroue en lus vir die lewe.
Ons selfvertroue loop hand aan hand met ons voorkoms en wat ons glo.
Wanneer ons glo dat ons niks kan doen nie dan is dit sigbaar in ons houding teenoor mense en affekteer dit ons voorkoms. Vir party vroue is hul voorkoms ‘n absolute moet omdat hulle glo sonder die ingekleurde prentjie is hulle nie vrou nie. Ander weer doen absoluut niks met hul voorkoms nie en hulle lyk afgerem en oud voor hul tyd. Daar is verskeie redes daarvoor. Jy is miskien van kleins af verkleineer deur ‘n ouer, broer of suster of maats. Dalk was jy in ‘n verhouding waar ‘n man jou gedurigdeur verkleineer het deur jou te laat glo jy is nikswerd nie.
Ons onderbewussyn glo dit dan en reageer daarvolgens. Selfs al is ons lankal weg van daardie mense af. Het daardie woorde deel van ons menswees geword. ‘n Leuen wat ons aansien as waarheid en wat ons hele lewe beheer. Soms het situasies ons geleer dat ongeag of jy baklei of nie jy verloor inelkgeval. En jy laat toe dat mense oor jou loop.
Maar ons moet ons self heeltemal herprogrammeer. Deur ‘n postiewe uitkyk kan ons ook ons pad verander.
Deur net vir jouself te glimlag is al ‘n groot verbetering op jou daaglikse bedrywighede. Gee jouself ‘n waarderende kompliment en lees iets positief voor jy die huis verlaat of jou dagtaak begin. ‘n Positiewe woord doen wondere vir jou hele wese, liggaam, siel en gees. Al moet jy ‘n paar minute vroeër op staan wees doelgerig in jou opbouing. Moenie toelaat dat ‘n leuen jou langer roof van jou potensiaal nie.
Loop regop, doelgerig. Jou skouers terug getrek en kyk die wêreld in die oë. Elke keer wat jy fier en regop loop het dit ‘n positiewe uitwerking op jou liggaam. In plaas van die hysbak gebruik die trappe. Indien moontlik gaan stap tydens etenstyd. Vars lug doen wondere vir jou gemoedstoestand. Let op jou asemhaling terwyl jy aktief verkeer. Jou asemhaling is kardinaal om moegheid tee te werk. Waardeer die klein dingetjies om jou en vergeet in daardie paar oomblikke van al jou probleme. Jy sal verbaas wees hoe jou uitkyk verander oor die res van jou lewe.
Kleur speel ‘n belangrike rol. I.p.v. kleure wat bedruk en swaar lyk trek iets kleurvols aan.
Verander jou woordeskat. Plak bevestigings (affirmations) teen jou muur, daar waar jy dit kan sien en bly dit praat totdat dit deel van jou word. Jou woorde het die krag om te skep, skep die goeie of positiewe in jou lewe. Wanneer jy dit doen word jy soos ‘n magneet wat goeie dinge na jou lewe toe trek.
As jy moet, verander ‘n sekere plan of rigting sodat jy weer op die regte plek kan kom. Wanneer ‘n mens op die verkeerde plek is maak dit jou moeg, trek jou af en is jy neerslagtig. Dit beteken jy is in ‘n groef en jou liggaam sê vir jou dit is tyd om iets daaraan te doen.
Lag gereeld. Dans, speel musiek en sing saam. Dit doen wondere vir jou gemoed.
Selfvertroue is geloof in ons vermoëns en deugde. Om die moed te hê om vorentoe te gaan, selfs wanneer geloof ontbreek. Dit stel ons bo die res. Aksie is die motiveringskanaal, hoe meer ons dit beoefen, hoe meer self vertroue kry ons.
Self vertroue kom van binne deur die aanhoudende aksies wat ons beoefen. Wanneer dit als in lyn kom straal ons en skitter ons van nature.
So, straal jy selfvertroue uit?
Kopiereg voorbehou
Diamant Divas 2018




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Christa du Plessis

    14 Julie 2019

    Dis baie waar. Ons moet bewustelik leef en aan al die fynere besonderhede aandag gee.

  2. Lynelle

    16 Julie 2019

    Dit is baie waar, dankie vir jou lees Christa.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 57
Kommentaar telling: 12

Ek het my eerste boek in 2012 gepubliseer en my tweede in 2014. Ek hou van nuwe uitdagings en is gereeld besig om my skryfkuns te beoefen. Ek is woonagtig in Alberton, Gauteng.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 82 gaste aanlyn

Bydrae Totale